Make your own free website on Tripod.com

Hoërskool Kalahari Matrieks 2006


| Tuisblad | Nuus | Foudies | MatriekRegister | Oor die Skool | BesoekersBoek |


29 Desember 2006:

KLIEK HIER VIR MATRIEKUITSLAE

Geluk aan Kobus Hauman wat 1ste in die Noord-Kaap Provinsie is!

Groetnis

Stefan

27 Desember 2006:

! MATRIEKUITSLAE !

Kry Noord-Kaapse Matriekuitslae vanaf 28 Desember 2006 om 06:00 op http://exams.sita.co.za/results

HOOP DIT LYK GOED!

Groetnis

Stefan

 

22 Oktober 2006

Het 'n sateliet-foto van die skool gekry op Google Earth en besluit om dit op die site te sit... Kliek hier vir die foto.

Groetnis

Stefan

16 Oktober 2006

Die Matriek-eindeksamen is in volle swang en almal werk (hopelik!) hard tydens die laaste skof. Noudat ek daaraan dink: al ooit opgelet hoe Matrieks kla dat hulle nie meer kan nie gedurende die laaste week of so van skool? Dit is nogal ironies dat hulle vir twaalf jaar kon uithou, maar nie nou skielik nie meer vir nog 'n maand nie... Hehe! Nou ja, ek het besluit om tydens my ruskansies, die foto's te update. Ek het die kwaliteit verswak sodat ek meer foto's kan oplaai. Alle afdelings het ek ook opdateer...

VERDER WIL EK DIT DUIDELIK MAAK DAT DAAR HOËRSKOOL KALAHARI MATRIEKS BO-AAN STAAN EN DIT WIL SĘ DIT GAAN OOR ONS - NIE SUIWER OM DIE SKOOL NIE. AS JY DINK JY IS TE SENSITIEF, MOET ASSEBLIEF NIE DIE BIETJIE SKINDER OP DIE SKINDERBLAD LEES NIE. JY IS GEWAARSKU!

Groetnis

Stefan

15 September 2006

Ja, ja ek weet...! En ek gaan nie eers verskoning vra nie - het vakansie gehou, skoolgegaan en eksamen geskryf! Maar hier is darem 'n verlore update. Kyk bietjie die foudies :) O ja: Baie geluk aan die nuwe Kalaraad vir 2007! Sterkte met die jaar - dit blits verby!!!

Groetnis

Stefan

22 Mei 2006

Goeidag (of -nag of -middag: in watter tydsone jy ook al is!)

Ek is regtig jammer ek update nou eers die site, maar dinge het dol gegaan die afgelope tyd! Daar is by elke afdeling nuus en die Foudies-blad het 10 nuwe foto's!!! Geniet jouself en soetwees!

Groetnis

Stevie

12 Maart 2006

Hallo...

Almal weet al teen hierdie tyd van die ongelooflike verlies wat ons skool gely het met die afsterwe van Juf. Luddick en haar seun, Riaan. Dis vir ons 'n groot slag, maar ons weet sy is nou op 'n baie beter plek... Ek het 'n gedig geskryf ter nagedagtenis aan 'n wonderlike juffrou wat nie net haarself aan haar vak gewy het nie, maar wat ook die hart van 'n (matriek)kind verstaan het... Kliek hier om die gedig te sien.

Dra asseblief haar dogters in julle gebede.

Stefan

4 Maart 2006:

Hey!

Ja-ja, ek weet ek het lanklaas ge-update, maar ek het ook 'n lewe (al dink baie mense nie so nie), en dan nog 'n besige een ook. Verder help 'n Internet-konneksie met die spoed van 'n boom nie veel nie. Maar hier is ek nou, so laat ek vertel wat nuut is. Daar's nuwe nuus in die Nuus-afdelings (asook ons eerste skinderbrokkie, selfs al is dit amper vir almal nie meer nuus nie!). Die Foudies is ook ge-update met foto's van Valentynsdag en die Sport op Vryburg, asook gister se Oupa & Ouma Gewoneklere Dag. Dan het ek ook Nodine Husselmann by ons Matriekregister gevoeg. Wanneer ons Maandag ons Matriekbaadjies gekry het, sal ek probeer om 'n foto van elke Matriek langs sy naam te plaas. Ek werk ook aan 'n "Skakels"-blad waar daar skakels van nuttige en interessante webblaaie sal wees.

Nou ja, eksploreer (vieslike woord!) maar gerus die site en gedra jou!

Stevie

20 Januarie 2006:

Haai!!!

Kyk by die "SportBlad" vir nuus oor die Kleuresport, asook by "Foudies" vir foto's van die Kleuresport. Ek probeer my bes om die site so gou moontlik te update, maar ek wag steeds in spanning op skindernuus!!! Verder het ek 'n nuwe blad - "SosialeBlad" - onder die "Nuus"-afdeling bygevoeg. O ja, ek sal later foto's van die sotte, en miskien die sokkie, opsit...

Sterkte vir die week!

Stevie

1 Januarie 2006:

Hi Daar!!!

Die site is nou al 2 maande aan die gang en ek het lekker voorstelle ontvang. Een van die voorstelle was om die "SkinderNuus"-afdeling te verander na "Nuus" en om dan verskillende sport, kultuur en skinder nuusblaaie te maak. Nou moet julle net nuus maak! Verder het ek 'n nuwe afdeling "Oor die Skool" bygevoeg waar geskiedenis oor die skool gegee word, asook belangrike inligting soos byvoorbeeld kontaknommers...

Laat weet maar as daar nog goed moet bykom!

Groetnis

Stevie

1 November 2005:

Hey!!!

Welkom by die "official" Matrieks 2006 Website!

Ja-ja, ek weet ons is nog nie amptelik Matriek nie, maar hoekom nie sommer nou al die site begin nie? Ons kan dan sommer ons Graad 11's se nuusbrokkies en foudies oplaai...

Teken asseblief die BesoekersBoek - sę jou sę oor die site of stuur interessante nuus (skinder of nie) vir my!

Onthou, ek kan nie verantwoordelik gehou word vir die goed wat op hierdie site verskyn nie - die site gaan oor julle en ek skryf net daaroor!

Groetnis

Stevie


Š Stefan van Zyl / 2006